Enable job alerts via email!

Junior Werwingsbeampte

Ligpos

Pretoria

On-site

ZAR 50,000 - 200,000

Full time

29 days ago

Job summary

'n Werwingsagentskap soek 'n Werwingsbeampte om kliënte te help met die werwing van geskikte kandidate. Die pos vereis voltydse beskikbaarheid en kennis van arbeidskontrakte. Kommissie-betaling is gebaseer op suksesvolle uitplasings. 'n Sterk fokus op Christelike waardes word vereis.

Qualifications

  • Voltyds beskikbaar om die werk te doen.
  • Kennis van kliënte kontrakte en werknemerskontrakte.
  • Beginsels van gedrag, veiligheid en gesondheid.

Responsibilities

  • Identifiseer kliënte poste en werf geskikte kandidate.
  • Voer onderhoude uit met aansoekers.
  • Monitor werwingsdokumentasie en programme.
Job description
Overview

Hier volg die posbeskrywing sowel as die vereiste kennis en vermoëns van ’n persoon wat belangstel om ’n Werwingsbeampte van Ligpos te word.

Verantwoordelikhede
  • Voltooi die werwingsproses: identifiseer kliënte poste, skep advertensies en werf geskikte kandidate.
  • Dien as kliënt se skakelbeampte: bepaal die kliënt se behoeftes in terme van arbeid en personeel, hoeveelheid, vereistes en kwalifikasies.
  • Voer onderhoude uit met die beste aansoekers via Zoom/Google Meet of ander digitale stelsels en stuur die onderhoudopname en CV aan die kliënt vir oorweging.
  • Organiseer en monitor werwingsdokumentasie en programme; vertroud maak die Werwingsbeampte met alle nodige dokumentasie en prosedures.
  • Advertense en kandidate se filtering op die stelsels; werf die beste aansoekers vir die beskikbare poste.
  • Die uitplasing word gemeet deur die werksprestasie: 'n maandlike telling van uitplasings.
  • Besonderhede oor reëlings: eie rekenaar, WhatsApp en Wi‑Fi en ’n vasvatter mentaliteit en selfdissipline is nodig.
Opleiding en uitbetaling
  • BESOLDIGING EN WERKSPRESTASIE: Besoldiging word maandeliks teen die einde van die maand bereken volgens ’n commissie wat gekoppel is aan suksesvolle uitplasings in die maand.
  • Kommissie-bases: eenmalige uitplasings en langtermyn uitplasings.
  • Eenmalige uitplasing: 40% van die inbetaalde kommissie van die kliënt.
  • Langtermyn uitplasing: 20% van die kliënt se kommissie aan die Werwingsbeampte.
  • Laasgenoemde uitbetaling hang af daarvan dat die Werwingsbeampte aktief bly en die werknemer by die kliënt werksaam is.
  • Werksprestasie word gemeet aan die aantal uitplasings per maand.
VEREISTES EN NOODSAAKLIKE KENNIS VAN ’N WERWINGSBEAMPTE

Die kandidaat moet voltyds die werk doen. Die kennis wat Ligpos van ’n Werwingsbeampte verwag, insluit onder andere:

  • Kliënte kontrakte.
  • Werknemerskontrakte en betalingskale.
  • Gedrag, Veiligheid en Gesondheidskodes.
  • Hoe die werwings toepassing werk.

Hierdie dokumentasie en metodes sal in stappe aan die Werwingsbeampte verskaf word en sal gereeld gemonitor en getoets word.

Waardes en span

Laastens - ons is ’n span in die koninkryk van God. Ons is ’n Christelike agentskap. Ons werk tot opbouing van die koninkryk van God; daarom moet elkeen sy lewe in ooreenstemming met die Woord van God en die Heilige Gees. Ligpos het nie plek vir ’n Jona nie.

Ons hoor graag van u indien u belangstel. Vir navrae, WhatsApp ons by met ’n boodskap aan: 064 849 1686.

Get your free, confidential resume review.
or drag and drop a PDF, DOC, DOCX, ODT, or PAGES file up to 5MB.