Job Search and Career Advice Platform

Enable job alerts via email!

Hoof Uitvoerende Beampte

CLS

Klerksdorp

On-site

ZAR 300 000 - 400 000

Full time

18 days ago

Generate a tailored resume in minutes

Land an interview and earn more. Learn more

Job summary

'n Landbougroep in Klerksdorp is opsoek na 'n ervare Hoof Uitvoerende Beampte om strategiese rigting te gee aan 'n gediversifieerde groep met 'n fokus op pluimveeproduksie. U sal verantwoordelik wees vir alle operasionele eenhede, finansiële stelsels, en personeelstrukture. Die ideale kandidaat het 10+ jaar senior bestuurservaring en 'n relevante graad. 'n Kompetitiewe vergoeding word aangebied.

Qualifications

  • Minstens 10 jaar senior bestuurservaring.
  • Ten minste 5 jaar op uitvoerende vlak.
  • Ervaring in pluimvee, landbou, of FMCG.

Responsibilities

  • Lei die hele groep se bedrywighede.
  • Verseker operasionele uitnemendheid en langtermynwinsgewendheid.
  • Hou toesig oor alle produksie-eenhede en kommersiële eiendomme.

Skills

Sterk strategiese visie
Leierskapvaardighede
Kommunikasievaardighede
Probleemoplossing

Education

Nasionale Senior Sertifikaat
Baccalaureusgraad in Landbou of Besigheidsbestuur
Nagraadse kwalifikasie (MBA/MPM)
Job description

Hoof Uitvoerende Beampte CLS•Klerksdorp, North West, ZA

  • Nasionale Senior Sertifikaat
  • Nagraadse kwalifikasie (MBA/MPM) sal 'n voordeel wees
Inleiding

'n Gediversifiseerde landbougroep met grootskaalse eierproduksie, pluimvee-groei eenheid, wildboerdery, hervestiging van 'n vee-voerkraal en kommersiële eiendomsbesit is opsoek na 'n ervare en gedrewe Hoof Uitvoerende Beampte (HUB). Die besighede funksioneer oor verskeie plekke in Klerksdorp, Kroonstad en omliggende streke, ondersteun deur sterk finansiële grondslag en gevestigde operasionele stelsels. Die HUB sal strategiese rigting gee, volhoubare groei verseker, toesien oor alle operasionele eenhede, besigheidsinfrastruktuur vestig, en die groep se lang bestaande reputasie binne die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf handhaaf.

Pos doelwit

Om die hele groep se bedrywighede te lei, en operasionele uitnemendheid, langtermynwinsgewendheid en strategiese groei te verseker. Die HUB is verantwoordelik vir die volle toesig oor alle plase, produksie-eenhede, kommersiële eiendomme, finansiële stelsels, personeelstrukture en uitbreidingsprojekte. Direk aan die Raad/Besturende Direkteur rapporteer, sal die HUB prestasie dryf, senior leierskap oor alle entiteite bestuur, en verseker dat die groep sy sterk posisie as 'n toonaangewende speler in die bedryf behou.

VEREISTES
Minimum onderwys (noodsaaklik)
  • Nasionale Senior Sertifikaat
  • Baccalaureusgraad in Landbou, Besigheidsbestuur, Produksiebestuur, of soortgelyk (noodsaaklik)
  • Nagraadse kwalifikasie (MBA/MPM) sal 'n voordeel wees
Minimum toepaslike ondervinding (jare)
  • 10 –15+ jaar senior bestuurservaring
  • Ten minste 5 jaar op uitvoerende vlak
  • Pluimvee-, landbou-, FMCG- of grootskaalse produksie-ervaring in 'n verwante omgewing (sterk voordeel)
Vereiste aard van ervaring
  • Uitvoerende leierskap oor verskeie besigheidseenhede
  • Hoëvlak operasionele en produksiebestuur
  • Menseleierskap en bestuur van senior spanne
  • Besigheidsuitbreiding, kapitaalbeplanning en projekbestuur
  • Finansiële toesig, begroting, kontantvloei en verslagdoening
  • Voorsieningsketting, kliënteverhoudinge en strategiese onderhandelinge
  • Bate-/fasiliteit-/eiendomsbestuur
  • Risikobestuur, nakoming en korporatiewe bestuur
Vaardighete en Kennis (noodsaaklik)
  • Sterk strategiese visie en die vermoë om langtermyn besigheidsplanne uit te voer
  • Uitstekende leierskap-, kommunikasie- en spanbouvaardighede
  • Diep begrip van landbouproduksie, verkieslik pluimvee
  • Sterk finansiële en kommersiële insig
  • Effektiewe probleemoplossing en besluitnemingsvermoë
  • Vermoë om verskeie entiteite met komplekse operasionele behoeftes te bestuur
  • Uitsonderlike organisatoriese vaardighede en 'n hoë vlak van aanspreeklikheid
Ander
  • Vaardig in Afrikaans en Engels
  • Geldige bestuurslisensie en eie betroubare vervoer
  • Bereidwilligheid om tussen plase en operasionele plekke te reis
SLEUTELPRESTASIEGEBIEDE, GEWIGTE EN DOELWITTE
Strategiese Leierskap & Besigheidsgroei
  • Lei langtermyn strategiese beplanning en besigheidsontwikkeling.
  • Identifiseer geleenthede vir uitbreiding, diversifikasie en operasionele verbeterings.
  • Verseker dat die groep sy sterk markteenwoordigheid en bedryfsreputasie behou.
  • Dryf innovasie in eier- en pluimveeproduksie, boerderybedrywighede en besigheidsstrukture
Operasionele en Produksie Toesig
  • Hou toesig oor alle eierproduksie, kuiken groei-eenhede, boerderybedrywighede en verwante fasiliteite.
  • Verseker dat produksiedoelwitte en kwaliteitsstandaarde oor alle terreine bereik word.
  • Versterk en verseker bio-sekuriteit, veiligheid en operasionele doeltreffendheid.
  • Implementeer stelsels en tegnologie om deurlopende verbetering te ondersteun.
Uitvoerende Personeel & Leierskapbestuur
  • Lei en mentor alle senior bestuurders en administratiewe hoofde regoor die groep.
  • Verseker effektiewe HR-beplanning, personeelstrukture, opvolgbeplanning en prestasiebestuur.
  • Bou 'n sterk, gedissiplineerde en resultaatgedrewe leierskapskultuur.
Finansiële Bestuur en Administrasie
  • Handhaaf die groep se konserwatiewe en sterk finansiële posisie.
  • Verseker akkurate finansiële beheer, verslagdoening, begroting en kostebestuur.
  • Hou toesig oor kapitaalbeleggings, kontantvloeibeplanning en batebenutting.
  • Handhaaf bestuur-, nakomings- en risikobestuursstandaarde.
Bate-, Eiendom- en Projekbestuur
  • Hou toesig oor alle kommersiële eiendomme, hangars, plaasinfrastruktuur, toerusting en voertuie.
  • Verseker effektiewe instandhouding, sekuriteit en bateoptimalisering.
  • Lei groot kapitaalprojekte, insluitend nuwe geboue, pakhuise, kantooruitbreidings en nuwe produksie-eenhede.
  • Bestuur toekomstige boerdery-uitbreidings en langtermyn-infrastruktuurontwikkeling.
Vergoeding Aangebied

Markverwant

Get your free, confidential resume review.
or drag and drop a PDF, DOC, DOCX, ODT, or PAGES file up to 5MB.