A complete application in a minute
Tailored resume and cover letter, ready to send.
Akademia soek ʼn sêr‑afrigter vir parttime posisie in Pretoria om die musikale leiding en afrigting van die sêrgroepe te neem. Die role sluit bykomende ondersteuning by basiese choreografie en die organisering van oefensesse ondersteuning in.
Die afrigter werk saam met die koshuise en senior studente om interne opleiding en ontwikkeling te bevorder, terwyl daar gereelde kommunikasie met die kultuuraalbehoeftes gevoer word.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het deeltydse poste vir sêrafrigters in Pretoria beskikbaar. Die sêrafrigters sal steeds met hul primêre werk kan voortgaan en nauurs bystand bied in hierdie rol.
Die sêrafrigter is verantwoordelik vir die musikale leiding en afrigting van die koshuise se sêrgroepe. Die afrigter behoort ondersteuning te bied waar dit nodig is, maar moet ook aan die koshuise die geleentheid gee om self verantwoordelikheid te neem vir hulle sêrgroepe. Die doel is ook om sterk leiding te bied maar om ook interne afrigting deur die senior studente aan te moedig.
Neem verantwoordelikheid vir die musikale leiding en afrigting van die sêrgroepe.
Help om verwerkings te kies wat belyn met Akademia se vormingsideaal.
Bied ondersteuning met basiese choreografie van die sêrgroepe.
Bied ondersteuning om oefensessie te organiseer en leiding te gee tydens die oefensessies.
Kommunikeer gereeld met die HK: Kultuur van die koshuis sowel as die koördineerder: Kunste van Studentesake.
een tot twee jaar se ervaring met die afrigting van sêrgroepe of relevante ervaring in die veld
toepaslike ondervinding in ʼn hoëronderwyskultuur sal voordelig wees
goeie musikale vaardighede
sterk leierskapseienskappe
liefde om met studente te werk goeie kommunikasie en administratiewe vaardighede
vermoë om jongmense te motiveer en te ontwikkel