A complete application in a minute
Tailored resume and cover letter, ready to send.
Akademia, ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling, soek ʼn koördineerder: Aanlyn leer vir die Pretoria-kampus.
Die pos behels die benutting van die leerbestuurstelsel en die skep van betroubare, toeganklike aanlynleeromgewings vir studente, in samewerking met dosente.
Vereistes sluit in ʼn B-graad in ʼn verwante ekonomiese veld, 2–3 jaar hoëronderwyservaring en Moodle-ervaring; nagraadse kwalifikasies word bevoordeel.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2027 ʼn voltydse pos vir ʼn koördineerder: Aanlyn leer op die Pretoria-kampus in die Departement Rekeningkundige Wetenskappe in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe beskikbaar.
Die koördineerder: Aanlyn leer werk nou saam met dosente en die Aanlyn leer‑afdeling om die leerbestuurstelsel optimaal te benut en ʼn effektiewe, toeganklike en gehalteleerervaring vir studente te skep.
Om vir hierdie pos te kwalifiseer word ʼn B-graad vereis. ʼn B-graad in ʼn verwante ekonomiese en bestuurswetenskappedissipline of ʼn nagraadse kwalifikasie sal tot aansoekers se voordeel strek. Verder moet kandidate oor twee tot drie jaar se werkservaring in die hoëronderwysomgewing en die gebruik van ʼn leerbestuurstelsel, byvoorbeeld Moodle binne die konteks van aanlyn leer, beskik. Kandidate wat nie kennis van die hoëronderwysomgewing het nie maar ervaring in die gebruik van ʼn leerbestuurstelsel het, kan moontlik ook vir die pos oorweeg word.
Verantwoordelikhede van die koördineerder: Aanlyn leer sluit in maar is nie tot die volgende beperk nie: skep en instandhouding van aanlynleeromgewings; oriëntering aan fakulteitspersoneel oor die tegniese funksionaliteite van die aanlynleerstelsel, hantering van tegniese navrae oor die aanlynleerstelsel en oplossing van module-uitleg en inhoudverwante probleme; implementeer in samewerking met dosente boeiende en interaktiewe elemente binne die aanlynleeromgewing; verseker in samewerking met die Aanlyn leer‑afdeling die implementering van aanlyn leer in lyn met breë instellingsriglyne, standaarde en nuwe ontwikkelings; en implementeer, toets en verifieer aanlynassesseringstandaarde op aanlynassesseringsmateriaal.
Die ideale kandidaat sal onderskei word deur: projekbestuur-, tydbestuur-, kommunikasie-, netwerk-, kliëntediens- en probleemoplossingsvaardighede. Verder moet die kandidaat detailgeoriënteerdheid wees, oor bewese vermoë beskik om onafhanklik én as lid van ʼn span te werk, en oor gevorderde rekenaarvaardighede in Microsoft Office Suites.