Get a reply from this employer
Your resume and cover letter, tailored to exactly what they’re hiring for.
Akademia, ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling, soek ʼn dosent in Latyn vir die Pretoria-kampus op ʼn deeltydse basis. Die pos vereis akademiese vordering en fasiliteer lesings in persoon op Gerhardstraat-kampus.
Die suksesvolle kandidaat sal gehalteonderrig bied, klasaanbiedings en leerervarings ontwikkel, assesseringsaktiwiteite voorberei en ondersteuning aan studente verskaf terwyl hy/sy as leier vir Latyn optree en ʼn liefde vir Afrikaans uitdra.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2027 op die Pretoria-kampus ʼn deeltydse pos vir ʼn dosent in Latyn in die Departement Tale en Kultuurwetenskappe beskikbaar. Die succesvolle kandidaat sal lesings op Gerhardstraat-kampus, in persoon, fasiliteer.
ʼn Dosent is daarvoor verantwoordelik om gehalteonderrig aan studente te bied deur innoverende klasaanbiedings en leerervarings. Die vorming van studente tot goedgevormde mense word hoog op prys gestel. ʼn Dosent streef daarna om as leier op ʼn vakgebied erken te word en streef verdieping in alle klasaanbiedinge na.
voorbereiding en dosering van die module-inhoud op kampus
opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn kontakleeromgewing in samewerking met die dosent op die Paarl-kampus
nasien van assesseringsaktiwiteite
lewer bystand en akademiese ondersteuning aan studente
ʼn honneursgraad of hoër kwalifikasie in Latyn of Antieke Tale
ervaring in die hoëronderwysomgewing sal in 'n kandidaat se guns tel
sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
interpersoonlike vaardighede
prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede
onafhanklik in ʼn spanverband funksioneer
inisiatief neem en oplossingsgedrewe
beskik oor vermoë om werk onder druk te voltooi
ʼn ambassadeur vir Akademia wees deur te help om die instelling uit te bou en ʼn liefde vir Afrikaans te hê
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.