Sleutelverantwoordelikhede
1. Logistieke Koördinering
- Assisteer met roetebeplanning en voertuigskedulering
- Kommunikeer met bestuurders rakende laai- en afleweringsinstruksies
- Monitor voertuigbewegings en aflewerings
- Help met dringende aflewerings en probleemoplossing
2. Bestuur van Drywers & Vloot
- Bestuur en koördineer drywers
- Gee opdragte en verseker opvolg en kontrole
- Opvolg van voertuig dienste en herstelwerk
- Hulp met brandstof- en kilometerbeheer
3. Administrasie & Dokumentasie
- Verwerking en kontrole van POD’s, vragnotas en logistieke dokumentasie
- Opdatering van logistieke rekords en tracking systems
- Opteken van detail rondom vragte vir faktureringsdoeleindes
- Verkry kliënte-inligting en bevestig betalings voor dienslewering
4. Operasionele Ondersteuning
- Kontrole oor toerusting en verpakking
- Verseker gladde en koste-effektiewe logistieke bedrywighede
- Ondersteun algemene operasionele funksies van die logistieke afdeling
Minimum Vereistes
Kwalifikasies & Ondervinding
- Graad 12
- Minimum 2 jaar ondervinding in:
- Logistiek
- Vervoer
- Administrasie
Tegniese Vaardighede
- Rekenaarvaardig:
- MS Excel
- E-pos kommunikasie
- Tracking systems
- Sterk administratiewe vermoë
Ander Vereistes
- Manlik, ouderdom 20–25 jaar
- Nie-roker
- Bereid om lang ure te werk en op bystand te wees
- Goeie kontakbare verwysings
- Vertroud met klein dorpe en kleiner gemeenskappe
- Geldige bestuurslisensie sal voordelig wees
Persoonlike Eienskappe
- Betroubaar en professioneel
- Stiptelik, netjies en sober gewoontes
- Sterk probleemoplossingsvermoë
- Logiese, strategiese en georganiseerde denker
- Passie vir kontroles, stelsels en detail
- Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
- Goeie telefoonetiket en akkurate boodskapneming
- Leergierig en bereid om nuwe vaardighede aan te leer
- Ambisieus met ’n sterk begeerte om binne die besigheid te groei
- Vermoë om goed in spanverband te funksioneer
- Neem eienaarskap van werk en verantwoordelikhede