Senior Program Administrateur/ Senior Program Administrator

Pro-Match Recruitment

Gauteng

On-site

ZAR 180,000 - 240,000

Full time

14 days+

Get more replies from employers

Send a job-specific resume in minutes.

Job summary

Pro-Match Recruitment benodig ’n gestruktureerde Administratiewe en Programkoördineerder vir ’n skool in Gauteng. Die rol behels die koördinering van daaglikse programadministrasie, aanlyn leer en kliëntondersteuning, en die opspoor van logistieke vereistes vir fisiese klasse.

Jy sal saamwerk met die Skoolhoof, dosente en ondersteuningspersoneel om programroosters, inskrywings en assesserings te bestuur. Vereistes sluit LMS-ervaring, MS Office (Word/Excel/Outlook) en twee tale (Afrikaans/Engels)

Qualifications

  • Graad 12 / Matrieksertifikaat is vereis.
  • Ervaring met program-, kursus- of geleentheidskoördinering.
  • Ervaring met LMS is noodsaaklik.
  • MS Office met fokus op Word, Excel en Outlook.
  • Vlot in Afrikaans en Engels.

Responsibilities

  • Koördineer daaglikse programadministrasie en logistieke vereistes vir klasse.
  • Administreer en bestuur die aanlyn leeromgewing en LMS-aktiwiteite.
  • Voorsien professionele kliënt- en studentediens en hanteer navrae.
  • Formateer en monitor assesserings en akademiese dokumentasie.
  • Werk saam met die Skoolhoof en personeel om programdoelstellings te bereik.

Skills

Afrikaans
Engels
MS Office (Word/Excel/Outlook)
LMS-ervaring
Leierskap

Education

Graad 12 / Matrieksertifikaat
Honours/Master voorsprong

Tools

LMS

Job description

Sleutelverantwoordelikhede
1. Program- en Administratiewe Koördinering
  • Koördineer die daaglikse administrasie en aanbieding van programme.
  • Ondersteun die Skoolhoof met administratiewe en operasionele take.
  • Bestuur programroosters, klaslyste en studenteregistrasies.
  • Kommunikeer programveranderinge aan studente, dosente en ander belanghebbendes.
  • Koördineer persoonlike en aanlyn opleiding.
  • Reël lokale, spyseniering en tegniese dienste vir fisiese klasse.
  • Verseker dat alle logistieke inligting akkuraat en betyds gekommunikeer word.
2. Aanlyn Leer en LMS
  • Administreer en bestuur die Skool se aanlyn leeromgewing.
  • Bestuur die leerbestuurstelsel (LMS) en studente-inskrywings.
  • Koördineer aanlynlesings en opnames.
  • Verskaf administratiewe en tegniese ondersteuning tydens aanlyn- en fisiese klasse.
  • Reël dat lesingopnames geredigeer en opgelaai word.
  • Lei nuwe dosente op om Zoom en ander relevante aanlyn platforms te gebruik.
  • Koördineer ondersteuningspersoneel vir aanlynlesings.
3. Studente- en Kliëntondersteuning
  • Kommunikeer professioneel met studente, voornemende studente, dosente en diensverskaffers.
  • Hanteer navrae en verskaf administratiewe ondersteuning.
  • Verskaf duidelike inligting rakende programvereistes, klasse, assesserings en resultate.
  • Ondersteun studente gedurende die opleidingsprogram.
  • Hanteer klagtes, geskille en versoeke om uitsonderings professioneel en ferm.
  • Hanteer sensitiewe studentesake met diskresie.
  • Help met registrasies, inskrywings en vakherregistrasies.
4. Akademiese- en Assesseringadministrasie
  • Formateer studiemateriaal, assesserings en programdokumente.
  • Koördineer die opstel, moderering en nasien van assesserings.
  • Verwerk en verifieer studente se punte.Finaliseer resultate en handhaaf akkurate akademiese rekords.
  • Monitor uitstaande akademiese vereistes.
  • Berei sertifikate en ander akademiese dokumentasie voor en reik dit uit.
  • Ondersteun met dissiplinêre en nie-nakomingsaangeleenthede.
5. Leierskap en Ondersteuning
  • Tree op as ’n sleutelondersteuningspersoon vir die Skoolhoof.
  • Neem onafhanklik verantwoordelikheid wanneer nodig.
  • Lei en koördineer ondersteuningspersoneel.
  • Verseker dat die Skool se reëls, prosedures en akademiese vereistes konsekwent toegepas word.
  • Beskerm die akademiese integriteit van die programme.
  • Werk nou saam met die Skoolhoof en bestuur om die organisasie se visie en doelwitte te bereik.
Minimum Vereistes
  • Graad 12 / Matrieksertifikaat.
  • 4–6 jaar relevante werkservaring.
  • Ervaring in algemene of akademiese administrasie.
  • Ervaring met program-, kursus- of geleentheidskoördinering.
  • Bewese ervaring met die koördinering van aanlyn stelsels.
  • Ervaring met ’n Leerbestuurstelsel (LMS) is noodsaaklik.
  • Ervaring met persoonlike en aanlyn opleiding.
  • Ervaring met studente- of kliëntondersteuning.
  • Gevorderde kennis van Microsoft Office, veral Word, Excel en Outlook.
  • Geldige bestuurslisensie en padwaardige voertuig.
  • Honneurs- of Meestersgraad sal ’n verdere voordeel wees.
  • Vlot in Afrikaans en Engels.
Persoonlike Eienskappe
  • Sterk leierskapvermoëns.
  • Professioneel en selfversekerd.
  • Uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede.
  • Uiters georganiseerde en detail-georiënteerd.
  • Sterk analitiese en probleemoplossingsvaardighede.
  • Vermoë om verskeie prioriteite gelyktydig te bestuur.
  • Vermoë om onder druk te werk en sperdatums te haal.
  • Selfstandig, maar ook ’n sterk spanwerker.
  • Proaktief, aanpasbaar en groeigerig.
  • Sterk student- en kliëntediensvaardighede.
  • Vermoë om moeilike gesprekke en klagtes kalm en professioneel te hanteer.
  • Diskreet wanneer vertroulike inligting hanteer word.
  • Bereid om leiding te neem en verantwoordelikheid te aanvaar.
  • Moet gemaklik wees om binne die Skoolhoof en organisasie se visie en rigting te werk.
Get your free, confidential resume review.
or drag and drop your file here.
Similar jobs

Similar jobs worth comparing

Sorg Bestuurder / Care Manager
Sorg Bestuurder / Care Manager

Pro-Match Recruitment • Gauteng

On-site
ZAR 550,000 - 900,000
Senior It Tegnikus / Senior It Technician
Senior It Tegnikus / Senior It Technician

Werfnet • Johannesburg

On-site
ZAR 420,000 - 540,000
Senior IT Tegnikus / Senior IT Technician
Senior IT Tegnikus / Senior IT Technician

Pro-Match Recruitment • Gauteng

On-site
ZAR 240,000 - 360,000
Business Operations Coordinator
Business Operations Coordinator

Werfnet • Pretoria

On-site
ZAR 180,000 - 260,000
Assistant Logistics Manager
Assistant Logistics Manager

Pro-Match Recruitment • Ladismith

On-site
Administratiewe Klerk / Adminsitrative Clerk
Administratiewe Klerk / Adminsitrative Clerk

Werfnet • Johannesburg

On-site
ZAR 180,000 - 240,000
Algemene Bestuurder / General Manager
Algemene Bestuurder / General Manager

Pro-Match Recruitment • Gauteng

On-site
ZAR 350,000 - 520,000
Operationele Bestuurder Assistent / Operations Manager Assistent
Operationele Bestuurder Assistent / Operations Manager Assistent

Pro-Match Recruitment • Gauteng

On-site
ZAR 180,000 - 240,000
Bedryfs- en Ondersteuningsbestuurder / Operations and Support Manager
Bedryfs- en Ondersteuningsbestuurder / Operations and Support Manager

Pro-Match Recruitment • Gauteng

On-site
ZAR 600,000 - 900,000
Finansiële Bestuurder ( Finance manager)
Finansiële Bestuurder ( Finance manager)

Pro-Match Recruitment • Gauteng

On-site
ZAR 900,000 - 1,800,000