Get a reply from this employer
Your resume and cover letter, tailored to exactly what they’re hiring for.
Skoleondersteuningsentrum (SOS) soek ’n ervare Vroeëkinderontwikkelingspesialis wat ’n leidende rol sal speel in die ontwikkeling van gehalteonderwys en die ondersteuning van kleuterskole. Die pos behels ook die vestiging van ’n onafhanklike Kleuterskool in 2027 en ’n sleutelrol in operasionele beplanning.
Hierdie is ’n dinamiese operasie wat innovasie, navorsing en inhoudontwikkeling vir die Wolkskool beplan.
Is jy 'n ervare onderwyskundige met 'n passie vir vroeëkinderontwikkeling, innovasie en die bemagtiging van onderwysers?
Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is op soek na 'n dinamiese en innoverende Vroeëkinderontwikkelingspesialis wat 'n leidende rol sal speel in die ontwikkeling van gehalteonderwys, die ondersteuning van kleuterskole en die vestiging van nuwe onderwysomgewings.
Hierdie is nie 'n tradisionele onderwyspos nie, maar 'n unieke geleentheid om jou kundigheid op 'n groter skaal aan te wend en 'n betekenisvolle impak op kleuteronderwys te maak.
Die succesvolle kandidaat sal ook 'n sleutelrol vervul in die operasionele beplanning, ontwikkeling en vestiging van 'n onafhanklike Kleuterskool in 2027.
Ons soek 'n visioenêre denker én praktiese doener wat:
Die pos is hoofsaaklik by die SOS se kantoor in Centurion gebaseer.
Die suksesvolle kandidaat sal tydens die vestiging van 'n onafhanklike Kleuterskool gereeld by die skool betrokke wees om die implementering van die SOS se Onderrig- en Leermodel en die ontwikkeling van die kleuterskool te ondersteun. Deurlopende betrokkenheid sal daarna volgens die behoeftes van die skool geskied.
Help ons om die grondslag vir uitnemende onderwys te lê - van die heel eerste leerjare af.
Sluitingsdatum: Ansoeke sluit 6 November 2026.
Webblad: www.skole.co.za