DOEL VAN DIE POS
Om die skool se handelsmerk, kultuur en waardes in die gemeenskap te bevorder deur effektiewe bemarkingstrategieë te implementeer, gemeenskapsverhoudings te versterk en skoolfunksies en -geleenthede professioneel te beplan en te koördineer.
VERANTWOORDELIKHEDE
- Bemarking en openbare betrekkinge
- Ontwikkel en implementeer bemarkingsplanne wat met die skool se strategiese doelwitte belyn is.
- Bestuur en bevorder die skool se digitale platforms en tradisionele bemarkingskanale (sosiale media, webwerf en gedrukte media).
- Ontwikkel en produseer bemarkingsmateriaal (brosjures, baniere, video’s en advertensies).
- Bevorder die skool se openbare beeld en bou positiewe verhoudings met ouers, borge en die breër gemeenskap.
- Verteenwoordig die skool by gemeenskapsgeleenthede.
- Evalueer bemarkingstrategieë en volg bemarkingstendense om die skool se sigbaarheid en bemarkingsdoeltreffendheid te verbeter.
- Beplan, organiseer en koördineer skoolfunksies en geleenthede, inclusief opedae, sportdae, fondsinsamelings en spesiale skoolgeleenthede.
- Hanteer die logistieke en praktiese reëlings van funksies, inclusief spyseniering, dekor, toerusting, lokaalvoorbereiding en diensverskaffers.
- Stel tydlyne, begrotings en aksieplanne vir geleenthede op en verseker die suksesvolle uitvoering daarvan.
- Koördineer die werksaamhede van betrokke personeel, komitees, ouers en diensverskaffers en delegeer take waar toepaslik.
- Verseker doeltreffende kommunikasie en samewerking tussen alle betrokke.
- Neem verantwoordelikheid vir die algemene organisasie, voorbereiding en gladde verloop van geleenthede.
KWALIFIKASIES EN VAARDIGHEDE
- ‘n Diploma of graad in bemarking, kommunikasie, openbare betrekkinge of geleentheidsbestuur sal as ’n sterk aanbeveling dien.
- Vorige ondervinding in bemarking en/of die organisering van funksies en geleenthede sal ‘n sterk aanbeveling wees.
- Vaardigheid in die bestuur van sosialemediaplatforms en die gebruik van grafiese ontwerpsagteware en Microsoft Office.
- Begrip vir die skoolomgewing.
- Uitstekende skriftelike en mondelinge kommunikasievaardighede.
- Geleentheidsbeplanning en -koördinering.
- Uitstekende organiserings-, beplannings- en tydsbestuursvaardighede.
- Die vermoë om leiding te neem, take effektief te delegeer en verskeie projekte gelyktydig te bestuur.
- Kreatiewe denke, inisiatief en goeie probleemoplossingsvaardighede.
- Sterk interpersoonlike vaardighede en die vermoë om onafhanklik sowel as in spanverband te werk.
- Bereidwilligheid om, waar nodig, buite normale skoolure by funksies en geleenthede betrokke te wees.
BESOLDIGING EN WERKSURE
- *n Mededingende salarispakket wat ooreenstem met die kandidaat se ondervinding en die skool se beleid.
- Normale werksure is van 07:00 tot 15:00. Die aard van die pos kan betrokkenheid by funksies en geleenthede buite normale werksure vereis.
SLUITINGSDATUM
13 November 2026 om 12:00
Indienstredingsdatum
1 Januarie 2027
WE Steenkamp
Skoolhoof