Consigue una respuesta de este empleador
Tu currículum y tu carta de presentación, adaptados exactamente a lo que buscan contratar.
HR Management & Support Services in Tulbagh soek ’n ervare Senior Kantoorbestuurder om ’n sleutelrol in personeel- en administrasie te vervul. Die pos sluit loonadministrasie en krediteure in, saam met bestuursonderneme soos personeelsake en sertifiseringsoorsigte.
Vakke sluit ook bestuurhulp, voertuiglisensies en algemene kantoorondersteuning in, met fokus op akkuraatheid en finansiële bestuur. Sluiting is 10 November 2026, en aansoeke word hanteer volgens die wetlike vereistes.
SENIOR KANTOORBESTUURDER (TULBAGH)
Roodezand Plaas, geleë in die pragtige Tulbagh-omgewing, is op soek na ’n ervare,
georganiseerde en verantwoordelike Senior Kantoorbestuurder om ’n sleutelrol in die bestuur van
personeel en administrasie te vervul.
VERANTWOORDELIKHEDE:
Loonadministrasie (Donkerhoekdata).
Krediteure-administrasie, Beheer en kontroleer van bestellings en aflewerings, asook voorbereiding van betalings.
Personeeladministrasie, insluitend werwing, diensbeëindigings, dienskontrakte, dissiplinêre optrede en griewe.
Koördinering en help met voorbereiding van oudits en sertifiserings (GlobalG.A.P., Tesco, SIZA en Departement van Arbeid).
Administrasie van voertuiglisensies
Beserings aan diens.
Algemene kantooradministrasie
Administratiewe ondersteuning aan bestuur.
MINIMUM VEREISTES:
’n Relevante tersiêre kwalifikasie sal as aanbeveling dien.
2–3 Jaar toepaslike werksondervinding, verkieslik in ’n landbou-omgewing.
Geldige bestuurslisensie.
Goeie rekenaarvaardigheid en kennis van administratiewe stelsels.
Sterk syfervaardigheid en goeie begrip van finansiële administrasie.
Uitstekende aandag aan detail en ’n hoë vlak van akkuraatheid.
Goeie organisatoriese en probleemoplossingsvaardighede.
Vermoë om selfstandig, verantwoordelik en noukeurig te werk.
Praktiese ervaring met Donkerhoek-data en stukwerkadministrasie sal ’n beduidende voordeel inhou.
Bewese ervaring met ouditvoorbereiding en -nakoming, spesifiek ten opsigte van GlobalG.A.P. en SIZA, sal sterk voorkeur geniet.
AANSOEK SLUITINGSDATUM: 10 NOVEMBER 2026
Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013.