Internskap: Junior Werwings en Operasionele Konsultant

Ligpos (Pty) Ltd

Gauteng

On-site

ZAR 67,000 - 89,000

Full time

14 days+

A complete application in a minute

Tailored resume and cover letter, ready to send.

Get past ATS filters

Benefits offered by this job

40% kommissie op suksesvolle permante^
20% van lopende kommissie uit kontrak
Mentorskap en blootstelling aan gevord

Job summary

Ligpos (Pty) Ltd. bied ’n interneerderskap vir Junior Werwing- en Operasionele Konsultant, gefokus op leer en praktyk in stretepite datawetenskap en markontginning.

Jy sal deel wees van ’n intensiewe opleidingsprogram en uiteindelik verantwoordelik wees vir volledige kommersiële pyplyn.

Qualifications

  • Taalvaardigheid: Afrikaans en Engels vlot, professioneel gesproke en geskryf.
  • Tegniese Aanleg: gemaklik met digitale stelsels soos CRM en Google Workspace.
  • Persoonlikheidseienskappe: selfdissipline, leerverwagting en proaktiewe houding.
  • Logistiek: betroubare vervoer vir veldwerk.
  • Kwalifikasie: toepaslike tersiêre kvalifikasie in Menslike Hulpbronne, Kommunikasie, Besigheidsbestuur, of verwant.

Responsibilities

  • Markontginning en identifisering van nuwe sakegeleenthede.
  • Data-bestuur in die Odoo CRM-stelsel met pyplyn-integriteit.
  • Multimedia-bemarking: skep digitale bates en werwingsvideo's.
  • Kandidate-sifting met gestruktureerde onderhoude.
  • Kliënteskakeling & transaksie-sluiting met korporatiewe besluitnemers.

Skills

Afrikaans taalvaardigheid
Engels taalvaardigheid
CRM-stelsels
Google Workspace
Multimedia-platforms

Education

Toepaslike tersiêre kwalifikasie (Menslike Hulpbronne, Kommunikasie, Besigheidsbestuur, of verwant)

Tools

CRM-stelsels
Google Workspace

Job description

Internskap: Junior Werwing- en Operasionele Konsultant
Oor Ons

Ligpos is 'n geregistreerde arbeid- en werwingsagentskap gebaseer in die Pretoria-streek. Ons is onvoorwaardelik en onomwonde ’n Christelike onderneming, met Jesus Christus as ons Koning, die Heilige Gees as ons dryfveer en die Vader as ons totale lewensbron.

Vanuit hierdie belydenis werk ons nie volgens die tradisionele, stadige metodes van die bedryf nie; ons hanteer datawetenskap, strategiese netwerkanalise en taktiese markontginning om wetenskaplike akkuraatheid aan ons kliënte te lewer. Ons glo in absolute eerlikheid, professionaliteit, hoë taalsuiwerheid (Afrikaans en Engels), en 'n kultuur waar individue eienaarskap van hul uitsette neem.

Ons is op soek na gedrewe, passievolle interns wat bereid is om gevorderde metodologieë aan te leer en hulself te bewys in 'n vinnige, resultaatgedrewe omgewing.

Die Kern van Hierdie Internskap: Jy word betaal om te leer

Belangrike Kennisgewing: Hierdie is nie ’n pos vir iemand wat beskou dat hulle reeds \"klaar geleer\" is en nou bloot net ’n vinnige inkomste wil genereer nie. Hierdie is ’n eksklusiewe en intensiewe studie- sowel as praktiese geleentheid. Jy word inderdaad betaal om te studeer en jouself te ontwikkel.

Hierdie internskap is ook spesifiek daarop gerig om as 'n wegspringplek te dien vir jong mense wat graag wou en kon studeer, maar nie die finansiële fondse of geleentheid gehad het om dit te doen nie.

Ons rig ons op persone wat óf reeds ’n toepaslike teoretiese agtergrond het, óf die rou potensiaal en dryfkrag besit om die werklike, praktiese ondervinding op te doen om ’n top-vlak werwingskonsultant te word. Jy gaan nie bloot in die diepkant ingegooi word nie; ons stap die pad van module tot module saam met jou en begelei jou doelgerig vanaf ’n onervare (dog leergierige) individu na ’n uiters bekwame en gesogte spesialis in die bedryf.

Wat die Rol Behels

Hierdie is nie 'n administratiewe \"lessenaar-sit\"-pos nie. Jy gaan ingewy word in 'n omvattende, 13-module nasionale opleidingsprogram wat jou stap-vir-stap sal transformeer in 'n top-vlak konsultant. Uiteindelik sal jy verantwoordelik wees vir die volledige kommersiële pyplyn:

  • Markontginning: Identifisering en ontginning van nuwe sakegeleenthede en aktiewe vakatures via gevorderde digitale en fisiese jagmetodes.

  • Data-bestuur: Volledige en akkurate databestuur binne die Odoo CRM-stelsel om pyplyn-integriteit te verifieer en te verseker.

  • Multimedia-bemarking: Skepping van professionele, hoë-impak digitale bates en werwingsvideo's om handelsmerk-dominansie te vestig.

  • Kandidate-sifting (HUMINT): Die uitvoering van wetenskaplike, gestruktureerde onderhoude en die opstel van outomatiese sifting-reëls (ATS) om top-talent te identifiseer.

  • Kliënteskakeling & Transaksie-sluiting: Direkte skakeling met korporatiewe besluitnemers, die verdediging van Ligpos se kern-personeelmodelle, en die wetlike belyning van plasings.

Minimum Vereistes
  • Taalvaardigheid: Absolute vloeiendheid en korrekte, professionele taalgebruik in beide Afrikaans en Engels (gesproke en geskrewe).

  • Tegniese Aanleg: Gemaklik met digitale stelsels (CRM-stelsels, Google Workspace, en basiese multimedia-platforms).

  • Persoonlikheidseienskappe:

    • 'n Dik vel en die vermoë om koue markverwerping takties te hanteer.

    • Die vermoë om kritiese terugvoer te verwerk sonder emosie (ons soek 'n raadgewer en kritiese klankbord, nie iemand wat sag hanteer wil word nie).

    • Hoë vlak van selfdissipline en proaktiewe inisiatief.

  • Logistiek: Betroubare eie vervoer (kritiek vir latere veldwerkfases).

  • Kwalifikasie: 'n Toepaslike tersiêre kwalifikasie (Menslike Hulpbronne, Kommunikasie, Besigheidsbestuur, of verwant) sal 'n sterk aanbeveling wees, maar jou ingesteldheid, aanleerbaarheid en werksetiek is deurslaggewend.

Wat Ons Bied
  • 'n Gestruktureerde, praktiese internskapprogram met duidelike, kwantitatiewe prestasieteikens (KPI's) per module.

  • Direkte finansiële aansporing (Kommissiestruktuur): Bykomend tot jou basiese stipendium, kwalifiseer jy vir direkte prestasie-inkomste:

    • 40% kommissie op die netto agentskapfooi per suksesvolle permanente uitplasing wat deur jou hanteer word.

    • 20% van die lopende kommissie wat die agentskap verdien uit gekontrakteerde uitkontrakteringsdienste binne jou portefeulje.

  • Direkte mentorskap en blootstelling aan gevorderde besigheidstrategieë, arbeidsregtelike fondamente en gedragsekonomiese beginsels.

  • 'n Duidelike loopbaanpad: Interns wat die harde bakens en kommersiële teikens suksesvol behaal, kwalifiseer vir permanente inskakeling en progressiewe kommissiestrukture binne die maatskappy se massaproduksie-enjin.

Get your free, confidential resume review.

or drag and drop your file here.

Similar jobs

Similar jobs worth comparing

Besigheidsbeheerder / Business Controller
Besigheidsbeheerder / Business Controller

Werfnet • Johannesburg

On-site
ZAR 1,200,000 - 1,800,000
Hoof Van Administrasie En Ondersteuning / Head Of Administration And Support
Hoof Van Administrasie En Ondersteuning / Head Of Administration And Support

Werfnet • Pretoria

On-site
ZAR 900,000 - 1,200,000
Research Editing Manager
Research Editing Manager

Pro-Match Recruitment • Gauteng

On-site
ZAR 240,000 - 420,000
Nuwe Besigheidsverkoopsverteenwoordiger | New Business Sales Representative
Nuwe Besigheidsverkoopsverteenwoordiger | New Business Sales Representative

Werfnet • Noordwes

On-site
ZAR 250,000 - 390,000
Market-competitive base salary
Unlimited commission
Company vehicle
+2
Eksterne Verkoopsverteenwoordiger - External Sales Rep
Eksterne Verkoopsverteenwoordiger - External Sales Rep

Ligpos (Pty) Ltd • Gauteng

On-site
ZAR 254,000 - 304,000
Laptop vir maatskappy
Maatskappy selfoon
Reisvergoeding: R4 000/mo
Besigheidsgenereerder | Business Generator
Besigheidsgenereerder | Business Generator

Werfnet • Gauteng

On-site
ZAR 120,000 - 180,000
Hoof van Administrasie en Ondersteuning / Head of Administration and Support
Hoof van Administrasie en Ondersteuning / Head of Administration and Support

Pro-Match Recruitment • Gauteng

On-site
ZAR 900,000 - 1,300,000
Sol-Tech | Lektor: Pas en Draai
Sol-Tech | Lektor: Pas en Draai

360Vastgoed • Pretoria

On-site
ZAR 240,000 - 360,000
Besigheidsontwikkelingspesialis / Business Generator
Besigheidsontwikkelingspesialis / Business Generator

Werfnet • Noordwes

On-site
ZAR 180,000 - 360,000
Business Development Manager
Business Development Manager

Pro-Match Recruitment • Centurion

Hybrid
ZAR 180,000 - 280,000