Turn this role into an interview — a resume and cover letter built around what this employer wants.
Sol-Tech in Pretoria soek 'n Lektor om die beplanning, voorbereiding en aflewering van kurrikulumbelynde onderrig- en opleidingsessies te behartig. Die pos behels assessering en studenteadministrasie, en deelname aan program- en assesseringsontwikkeling.
Die kandidaat moet drie jaar bedryfsondervinding hê ná voltooiing van Rooiseël, met uitstekende kommunikasievaardighede en 'n passie vir kennis, plus vaardighede in MS Office. Die rol fokus op Afrikaans-take en navorsingsrigting.
Sol-Tech is ʼn private, Christelike en Afrikaanse beroepsopleidingkollege gebaseer in Monumentpark, Pretoria,en verbreed en brei horisonne binne die Elektriese afdeling uit met verskeie ambagte soos Elektries, Meulmaker en Megatronika. Deur ons verbintenis tot uitnemendheid en die nuutste tegnologie, is ons gereed om industriestandaarde te herdefinieer en ons arbeidsmag te bemagtig soos nooit tevore nie. Sluit by ons aan as ‘n Lektor en wees deel van hierdie opwindende reis na ‘n blinker toekoms.
Die doel van hierdie pos is om die beplanning, voorbereiding en aflewering van kurrikulumbelynde onderrig- en opleidingssessies, assessering en studenteadministrasie, deur die implementering van leerprogramme, waar te neem ten einde voorgeskrewe leeruitkomste te bereik. Die posbekleër is verantwoordelik vir die gehalte van onderrig en opleiding in sy of haar aangestelde area van verantwoordelikheid. Insette tot program- en assesseringsontwikkeling, hersiening en verbetering vorm deel van hierdie verantwoordelikheid.
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang het nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.