A complete application in a minute — tailored resume and cover letter, ready to send.
Werfnet in Centurion, Gauteng soek ’n dinamiese Business Development / Sales Representative om nuwe besigheidsgeleenthede te identifiseer en kliëntebasis uit te brei.
Die rol fokus op lead generation, prospektering, kliënte-opvolg en die bespreking van gekwalifiseerde vergaderings met potensiële kliënte. Dit is nie ’n tradisionele call centre-pos nie; fokus is op kwaliteit leads en professionele kommunikasie met besluitnemers.
Posbenaming: Business Developer
Ligging: Centurion, Gauteng
Werksomgewing: Kantoor-gebaseer (On-site)
Vlak: 2 jaar ondervinding
Salaris: R15 000 basiese salaris per maand + kommissie
Ouderdom: 25 - 35 jaar
’n Gevestigde IT-dienstemaatskappy is op soek na ’n dinamiese, selfgemotiveerde en kreatiewe Business Development / Sales Representative om nuwe besigheidsgeleenthede te identifiseer en die maatskappy se kliëntebasis uit te brei.
Die succesvolle kandidaat sal hoofsaaklik fokus op lead generation, prospektering, kliënte-opvolg en die bespreking van gekwalifiseerde vergaderings met potensiële kliënte.
Hierdie is nie ’n tradisionele call centre-pos nie. Die focus is op kwaliteit leads, goeie navorsing en professionele kommunikasie met besigheidseienaars, bestuurders en besluitnemers.
Die ideale kandidaat moet iemand wees wat inisiatief neem, selfstandig kan werk en nie wag om aangesê te word wat om volgende te doen nie. Kreatiwiteit, goeie IT-kennis en ’n natuurlijke belangstelling in tegnologie sal sterk voordele wees.