Get a reply from this employer
Your resume and cover letter, tailored to exactly what they’re hiring for.
Die Burger in Kaapstad soek ’n ervare hersiensubredakteur vir sy nagkantoor. Die rol rapporteer aan die nasionale produksieredakteur en eindredakteur, en vereis dat deeglik versorgde kopie in die koerant gepubliseer word.
Verantwoordelikhede sluit kopie‑herschryf en skryf van koerantkoppe in, met spanlede en tydige aflewering as kernprioriteite. Die ideale kandidaat het ’n relevante tertiêre kwalifikasie en ten minste tien jaar nuuskantoervaring as subredakteur, plus uitstekende taalkennis en
Hersiensubredakteur: Die Burger
Sluit aan by Die Burger se nagkantoor in Kaapstad.
As jy onder druk gedy, ’n nuushond is, kreatief dink en ’n aanleg vir tale het, is hierdie ’n geleentheid vir jou. Die Burger het ’n vakature vir ’n ervare subredakteur in sy nagkantoor in Kaapstad wat aan die nasionale produksieredakteur rapporteer en nou saam met Die Burger se eindredakteur en bladuitlegspan werk. Die posbekleër aanvaar finale verantwoording daarvoor dat deeglik versorgde kopie in die koerant gepubliseer word. Hy or sy moet bereid wees om ongereelde ure, oor naweke en op vakansiedae te werk.
Die suksesvolle kandidaat sal ’n permanente aandskof en elke tweede Sondag werk.
Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal daar aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.