A complete application in a minute
Tailored resume and cover letter, ready to send.
AfriForum soek ’n dinamiese distrikskoördineerder vir die Karoo-gebied om strategie lokaal uit te voer en gemeenskappe te versterk. Die rol behels die uitrol van nasionale projekte, ontwikkeling van vrywilligers, en versterking van kommersiële dienste in die distrik.
Die suksesvolle kandidaat sal ook fokus op plaaslike strukture, veiligheid en ledegroei, terwyl reis vereist is en ’n geldige bestuurslisensie beskikbaar moet wees.
AfriForum is op soek na 'n dinamiese, verantwoordelike en gemeenskapsgerigte distrikskoördineerder vir die Karoo-gebied om AfriForum se strategie op plaaslike vlak uit te voer en sterk, volhoubare gemeenskappe binne die distrik te help vestig en ontwikkel.
Dit is belangrik dat jy slegs aansoek doen indien jy reeds in die Karoo-gebied woon.
Die suksesvolle kandidaat sal 'n sleutelrol speel in die ondersteuning en uitbreiding van AfriForum se plaaslike strukture, gemeenskapsveiligheid, projekte en ledegroei, asook in die koördinering en groei van AfriForum se kommersiële produkte en dienste in die distrik.
Die volgende word onder meer van die suksesvolle kandidaat verwag:
Ons soek iemand wat:
Om hiervoor in aanmerking te kom benodig jy 'n eenjaar- tot driejaardiploma in regte, omgewingsake, plaaslikeregeringsake, veiligheid en/of projekbestuur, asook twee tot drie jaar ondervinding in regte, omgewingsake, plaaslikeregeringsake, veiligheid en/of projekbestuur.
Hierdie pos sal vereis dat jy gereeld reis om te verseker dat alle gebiede die nodige aandag kry. Hiervoor benodig jy 'n geldige bestuurderslisensie en 'n betroubare voertuig.