Department Description/Departement Beskrywing
Faculty of Engineering
Department of Industrial Engineering
Senior Lecturer/Lecturer: Project Management and/or Supply Chain Management
(Stellenbosch Campus)
Ref. ING01/125/0625
The Department of Industrial Engineering at Stellenbosch University (SU) is research-driven, focusing on areas that are key to enhancing global competitiveness.
These include engineering, technology and project management, operations research, data science in industrial engineering, operations management and logistics, and advanced manufacturing.
The Department is recruiting for a full-time, permanent academic appointment in the fields of project management and/or supply chain management.
We will focus on candidates who can demonstrate academic excellence and prove industry experience.
The incumbent will play a key role in teaching, research, and academic leadership in the two fields mentioned above.
The incumbent will join a vibrant, research-focused department dedicated to academic excellence, industry relevance and innovative teaching practices.
The position will be filled at the appropriate level depending on the calibre of applications received and within the constraints of available funding.
Fakulteit Ingenieurswese
Departement Bedryfsingenieurswese
Senior Lektoraat/Lektoraat: Projekbestuur en/of Voorsieningskettingbestuur
(Stellenbosch-kampus)
Verw. ING01/125/0625
Die Departement Bedryfsingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch (US) is navorsinggedrewe. Ons fokus op gebiede wat van sleutelbelang is om wêreldwye mededingendheid te bevorder,
soos ingenieurswese, tegnologie- en projekbestuur, operasionele navorsing, datawetenskap in bedryfsingenieurswese, operasionele bestuur en logistiek, en gevorderde vervaardiging.
Die Departement doen tans werwing vir 'n voltydse, permanente akademiese aanstelling op die gebied van projekbestuur en/of voorsieningskettingbestuur.
Ons fokus op kandidate wat akademiese uitnemendheid kan aantoon en bewys van bedryfservaring kan lewer.
Die posbekleër sal 'n sleutelrol in onderrig, navorsing en akademiese leierskap op bogenoemde twee gebiede verrig.
Die posbekleër sal aansluit by 'n dinamiese, navorsinggefokusde departement wat tot akademiese uitnemendheid, tersaaklikheid vir die bedryf en innoverende onderrigpraktyke verbind is.
Die pos sal op die toepaslike vlak gevul word na gelang van die gehalte van die aansoeke wat ons ontvang en binne die beperkings van beskikbare befondsing.
Duties/Pligte
The incumbent's duties will include, but will not be limited to, the following:
- Delivering high-quality teaching and facilitating life-long learning at both undergraduate and postgraduate levels in areas aligned with the focus on project management and/or supply chain management.
- Supervising master's and doctoral (in the senior lecturer's position) students with a view to contributing to the development of future leaders in project management and/or supply chain management.
- Conducting high-impact research and publishing it in internationally accredited journals, maintaining a consistent and productive level of research outputs.
- Developing and maintaining a focused research agenda in project management and/or supply chain management, with demonstrable potential for both academic and industry impact.
- Engaging proactively with industry stakeholders to enhance the relevance of our teaching and research activities and to strengthen collaborative networks with both industry and academia.
- Securing and managing external research funding from national and international sources, including industry partners, to support the activities of relevant research initiatives.
- Contributing to curriculum design and development, ensuring alignment with emerging trends and best practice in project management and/or supply chain management.
- Developing innovative academic content and learning activities, and using digital learning platforms such as Moodle effectively.
- Participating in departmental and programme-level service activities, including administrative duties and strategic planning.
Die posbekleër se pligte sal insluit, maar nie beperk wees nie tot, die volgende:
- Lewer hoëgehalte-onderrig en fasiliteer lewenslange leer op beide voorgraadse en nagraadse vlak op gebiede wat by die fokus op projekbestuur en/of voorsieningskettingbestuur aansluit.
- Begelei magister- en doktorale (in die pos van senior lektor) studente met die oog daarop om toekomstige leiers in projekbestuur en/of voorsieningskettingbestuur te ontwikkel.
- Verrig hoë-impak-navorsing en publiseer dit in internasionaal geakkrediteerde vaktydskrifte, en lewer navorsingsuitsette op 'n konsekwente en produktiewe vlak.
- Ontwikkel en handhaaf 'n gefokusde navorsingsagenda in projekbestuur en/of voorsieningskettingbestuur, met aantoonbare potensiaal vir beide akademiese en bedryfsimpak.
- Tree proaktief in gesprek met belanghebbendes in die bedryf om die relevansie van ons onderrig en navorsing te verhoog en om samewerkende netwerke met beide die akademie en die bedryf te versterk.
- Verkry en bestuur eksterne navorsingsbefondsing uit nasionale en internasionale bronne, bedryfsvennote ingesluit, ten einde die werksaamhede van toepaslike navorsingsinisiatiewe te ondersteun.
- Dra tot kurrikulumontwerp en -ontwikkeling by om te verseker dat dit aansluit by opkomende tendense en beste praktyk in projekbestuur en/of voorsieningskettingbestuur.
- Ontwikkel innoverende akademiese inhoud en leeraktiwiteite, insluitend die doeltreffende gebruik van digitale leerplatforms soos Moodle.
- Neem deel aan diensaktiwiteite op departements- en programvlak, insluitend administratiewe pligte en strategiese beplanning.
Job Requirements/Pos Vereistes
Academic Qualifications
- Bachelor of Engineering accredited by ECSA for registration as professional engineer
- Master of Engineering or a closely related field.
- For appointment as senior lecturer: a PhD (completed or in progress); applicants who possess only a master's degree must have at least eight years' work experience.
- An excellent academic track record - full transcripts for all undergraduate and postgraduate qualifications required.
Personal attributes
- Excellent verbal and written communication skills.
- Strong interpersonal skills and the ability to work effectively as part of a team.
- Creative problem-solving abilities and a commitment to continuous professional and academic development.
Please ensure that your cover letter address each of the requirements listed above, outlining how you meet them.
Akademiese kwalifikasies
- 'n Baccalaureus in Ingenieurswese wat deur ECSA geakkrediteer is vir registrasie as professionele ingenieur.
- 'n Magister in Ingenieurswese of op 'n naby verwante gebied.
- Vir die pos van senior lektor: 'n PhD (afgehandel of in die proses); aansoekers wat oor slegs 'n magistergraad beskik, moet minstens agt jaar werkservaring hê.
- 'n Uitstekende akademiese rekord - volledige akademiese uitslaestate vir alle voorgraadse en nagraadse kwalifikasies word vereis
Persoonlike eienskappe
- Uitstekende mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede.
- Sterk interpersoonlike vaardighede en die vermoë om doeltreffend as deel van 'n span te werk.
- Kreatiewe probleemoplossingsvermoë en 'n verbintenis tot voortdurende professionele en akademiese ontwikkeling.
Sorg asseblief dat u dekbrief elkeen van die vereistes hier bo hanteer en uiteensit hoe u aan hulle voldoen.
Recommendation/Aanbeveling
Industry experience
- At least five years' relevant industry experience, preferably in a management role. Preference will be given to candidates with more extensive or more senior-level industry experience.
Teaching and learning
- Preference will be given to candidates with a proven teaching ability at tertiary level, with a passion for student development and academic mentorship.
- Preference will be given to candidates with a proven experience of supervising postgraduate students - strong preference to candidates who have supervised structured master's research
assignments.
- Proficiency in digital learning platforms, learning management systems and assessment tools such as Moodle, Turnitin and online marking rubrics.
Research and scholarly output
- Research experience in project management and/or supply chain management, with a proven track record of scholarly publications, research leadership and contributions to advancing
knowledge in these fields.
Other
- Proficiency in English and one or more of South Africa¿s other official languages.
- Registration, or have taken steps towards registration, as professional engineer with ECSA or a comparable professional body.
- Academic excellence (research, teaching, curriculum development).
- Practical, real-world experience (especially in project/supply chain management roles).
Bedryfservaring
- Minstens vyf jaar tersaaklike bedryfservaring, verkieslik in 'n bestuursrol. Voorkeur sal gegee word aan kandidate met bedryfservaring wat omvattender of op 'n meer senior vlak is.
Leer en Onderrig
- Voorkeur sal gegee word aan kandidate met bewese vermoë tot onderrig op tersiêre vlak, met 'n passie vir studenteontwikkeling en akademiese mentorskap.
- Voorkeur sal gegee word aan kandidate met ervaring van studiebegeleiding op magistervlak - sterk voorkeur sal gegee word aan kandidate wat al navorsingswerkstukke vir gestruktureerde
magisterprogramme begelei het.
- Vaardigheid met digitale leerplatforms, leerbestuurstelsels en assesseringsinstrumente soos Moodle, Turnitin en aanlyn nasienrubrieke.
Navorsing en akademiese uitsette
- Navorsingservaring in projekbestuur en/of voorsieningskettingbestuur, met 'n bewese rekord van akademiese publikasies, navorsingsleierskap en bydraes tot die bevordering van kennis op
hierdie gebiede.
Ander
- Vaardigheid in Engels en een of meer van Suid-Afrika se ander amptelike tale.
- Registrasie, of stappe geneem om te registreer, as professionele ingenieur by ECSA of 'n vergelykbare professionele liggaam.
- Akademiese uitnemendheid (navorsing, onderrig, kurrikulumontwikkeling).
- Praktiese ervaring in die werklike werkswêreld (veral in rolle van projek-/voorsieningskettingbestuur).
How To Apply/Hoe Om Aansoek Te Doen
#PAS
Stellenbosch University is committed to employment equity (EE), and appointments will be made in line with the EE plan for the specific environment as well as the institutional EE Plan of the University.
Stellenbosch University reserves the right not to make an appointment.
Your application, comprising a comprehensive curriculum vitae (including the names and email addresses of at least three references) , must reach the University before or on the closing date for the advertised post.
Apply online at by following the "Apply now" link in the top right-hand corner of the page for the specific vacancy.
The University reserves the right to investigate qualifications and conduct background checks on all candidates.
The Occupational Health and Safety Act requires people in occupations that entail potential exposure to certain hazards (such as - but not limited to - noise, hazardous chemical substances and hazardous biological agents)
to undergo medical screening, to determine their fitness to work in such occupations.
If you have received no feedback from the University within four to six weeks of the closing date, kindly accept that your application did not succeed.
Die Universiteit Stellenbosch is tot gelyke indiensneming (GI) verbind, en aanstellings word ooreenkomstig die GI-plan vir die betrokke omgewing sowel as die Universiteit se institusionele GI-plan gemaak.
Die Universiteit Stellenbosch behou die reg voor om nie 'n aanstelling te maak nie.
U aansoek moet vergesel wees van 'n volledige curriculum vitae (met die name en e-posadresse van ten minste drie referente) , en moet die Universiteit voor of op die sluitingsdatum in die posadvertensie bereik.
Doen aanlyn by aansoek deur op die " Apply now" -skakel regs boaan die blad met die spesifieke vakature te klik.
Die Universiteit behou die reg voor om kwalifikasies na te gaan en agtergrondinligting oor alle kandidate in te win.
Die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid vereis dat persone in beroepe met potensiële blootstelling aan sekere gevare (soos - maar nie beperk nie tot - geraas, gevaarlike chemiese stowwe en gevaarlike biologiese middels nie)
mediese keuring moet ondergaan om vas te stel of hulle geskik is om in sodanige beroepe te werk.
As u nie binne vier tot ses weke na die sluitingsdatum van hierdie advertensie van die Universiteit verneem nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.
Enquiries/Navrae
Enquiries regarding this position: Prof Joubert van Eeden on 021 808 4234, or at
Enquiries regarding remuneration/benefits, as well as technical assistance with the electronic application process: Human Resources Client Services Centre on 021 808 2753 (Stellenbosch) / 021 938 9636 (Tygerberg), or at
Navrae rakende die posinhoud: Prof. Joubert van Eeden by 021 808 4234, of by
Navrae oor vergoeding/voordele asook tegniese ondersteuning met die elektroniese aansoekproses: Menslike Hulpbronne Kliëntedienssentrum by 021 808 2753 (Stellenbosch) / 021 938 9636 (Tygerberg), of by
Currency ZAR
Commencement Date 01-Oct-2025
Closing Date 07-Jul-2025
Amount of Travel
Work At Home