Netwerk24 is op soek na ’n algemene joernalis om as deel van die Oos-Kaapse-span oor algemene nuus asook sake van plaaslike, provinsiale en nasionale belang verslag te doen. Die betrokke verslaggewer moet onderwerpe kan ontgin, navors en daaroor kan verslag doen. Die verslaggewer moet ’n aanvoeling hê vir digitale joernalistiek en video’s en foto’s kan neem. Die geskikte kandidaat moet blitsig kan skryf en onder druk kan werk. Die persoon moet ook bereid wees om ongereelde ure en oortyd te werk, insluitend sommige naweke en openbare vakansiedae.
Pligte
Identifiseer en skryf van nuusberigte.
Identifiseer eksklusiewe stories en berig daaroor.
Doen verslag oor brekende nuus.
Hou 'n netwerk van kontakte in stand.
Doen soms diens op oggendskof of aandskof asook van tyd tot tyd oor naweke.
Vaardighede en bevoegdhede
Die vermoë om met gemak in 'n digitale, multiplatform-omgewing te werk met vaardighede in sosiale media, asook die neem van foto's en video’s.
Die vermoë om in ‘n span te kan werk.
In besit wees van ‘n reeds uitgebreide netwerk van kontakte.
Beskik oor ‘n goeie nuussin en begrip van die lesers vir wie jy skryf.