Get a reply from this employer
Your resume and cover letter, tailored to exactly what they’re hiring for.
Werfnet in Durbanville, Wes-Kaap, soek ’n gedrewe Junior Litigasie Prokureur om by hul span aan te sluit. Die kandidaat fokus sal op litigasiegerelateerde aangeleenthede en regsprosesse en bereid regsdokumentasie voor.
Hierdie posisie vereis ’n LLB en minstens 1 jaar litigasie‑ervaring, saam met sterk kommunikasie‑ en navorsingsvaardighede. Die werkmodel is 'n hibried metode en die salaris is marktverwant.
Durbanville, Wes-Kaap | Hibriede werksgeleentheid
Ons kliënt, ’n gevestigde prokureursfirma in Durbanville, is op soek na ’n gedrewe en ambisieuse Junior Litigasie Prokureur om by hul span aan te sluit.
Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n kandidaat met ’n sterk belangstelling en passie vir litigasie, wat graag hul regsloopbaan in hierdie spesialisrigting wil verder ontwikkel. Die suksesvolle kandidaat sal hoofsaaklik op litigasieverwante aangeleenthede fokus en moet gemaklik wees met die hantering van litigasiewerk en die gepaardgaande regsprosesse.
Die ideale kandidaat is professioneel, georganiseerd en detailgeoriënteerd, met goeie kommunikasie- en probleemoplossingsvaardighede. 'n Sterk werksetiek, inisiatief en 'n opregte passie vir litigasie is noodsaaklik.