Job Search and Career Advice Platform

Enable job alerts via email!

Chief Executive Officer / Hoof Uitvoerende Beampte

CA Support

Citrusdal

On-site

ZAR 900 000 - 1 300 000

Full time

Today
Be an early applicant

Generate a tailored resume in minutes

Land an interview and earn more. Learn more

Job summary

'n Gemeenskapsorganisasie is op soek na 'n dinamiese Chief Executive Officer om leiding te neem oor projekte en intervensies. Die ideale kandidaat het 'n tersiêre kwalifikasie, ten minste 10 jaar se leierskapservaring, en 'n sterk agtergrond in projekbestuur. Die rol sluit verteenwoordiging by verskeie forums, bestuur van diensverskaffers en die ontwikkeling van 'n hoëprestasiespan in. Dit is 'n geleenthede om 'n groot impak in die gemeenskap te maak.

Qualifications

  • Minimum van 10 jaar leierskapservaring.
  • Agtergrond in ingenieurswese of stedelike beplanning is 'n voordeel.
  • Bewese vaardigheid in projekbestuur.

Responsibilities

  • Vestig en bestuur 'n sentrale administratiewe kantoor.
  • Verteenwoordig die verenigings by plaaslike en nasionale forums.
  • Bestuur diensverskaffers en tenderprosesse.

Skills

Kommunikasievaardighede
Leierskap
Strategiese denker
Projekbestuur
Aanpassingsvermoë

Education

Tersiêre kwalifikasie of Baccalaureusgraad
Job description

Chief Executive Officer / Hoof Uitvoerende Beampte
Citrusdal Watergebruikersvereniging & Citrusdal Agri Vereniging

Oorsig van die Rol

Die verenigings bedryf ’n gedeelde kantoor en is op soek na ’n dinamiese, ervare Chief Executive Officer / Hoof Uitvoerende Beampte om leiding te neem oor hul onderskeie bedrywighede. Die verenigings het ten doel om verskeie projekte en intervensies op plaaslike gemeenskaps- en munisipale vlak te dryf ten einde ’n volhoubare gemeenskap en bedryfsomgewing vir hul lede te verseker.

Die Chief Executive Officer / Hoof Uitvoerende Beampte dien as die openbare verteenwoordiger van beide verenigings en skakel met ’n wye reeks belanghebbendes, insluitend boere, gemeenskappe, regeringsdepartemente (plaaslik, provinsiaal en nasionaal), senior amptenare en nie-regerings organisasies.

Sleutelverantwoordelikhede
  • Vestig en bestuur ’n sentrale administratiewe kantoor vir die verenigings en verwante gemeenskapsforums.
  • Verteenwoordig die verenigings by plaaslike en nasionale forums om sigbaarheid, invloed en betrokkenheid van belanghebbendes te versterk.
  • Bou en handhaaf verhoudings, en werk saam met sleutelbelanghebbendes, insluitend regeringsinstansies (Departement van Landbou, Departement van Water en Sanitasie, Plaaslike Regering), gemeenskapsgroepe en plaaslike organisasies.
  • Identifiseer en dryf vennootskapsgeleenthede en gesamentlike ondernemings; hou toesig oor projekbeplanning en -uitvoering.
  • Lei watermodellering en datafunksies, insluitend hidrologiese navorsing en inligtingstelsels ter ondersteuning van waterbeplanning en -beleid.
  • Bestuur diensverskaffers en tenderprosesse en verseker nakoming van interne beleid.
  • Lei, ontwikkel en bestuur personeel en bevorder ’n hoëprestasiespan met ’n samewerkende kultuur.
  • Hou toesig oor finansiële beplanning, begroting en hulpbrontoewysing in ooreenstemming met PFMA-vereistes.
  • Verseker duidelike kommunikasie en verslagdoening aan lede, regeringsdepartemente, befondsers en ander belanghebbendes.
Vaardighede en Persoonlike Eienskappe
  • Uitstekende kommunikasie-, onderhandelings- en interpersoonlike vaardighede.
  • Strategiese denker met ’n bewese rekord van innovasie en veranderings bestuur.
  • Uiteers georganiseerd met die vermoë om veelvuldige prioriteite te bestuur.
  • Aanpasbaar in dinamiese en veranderende omgewings.
  • Sterk leier met ’n samewerkende bestuursbenadering.
  • Sterk etiese grondslag, integriteit en nederigheid.
  • Oplossingsgedrewe en billik.
Ervaring, Kennis en Kwalifikasies
  • Relevante tersiêre kwalifikasie of ’n Baccalaureusgraad.
  • Agtergrond in ingenieurswese, stedelike beplanning of ontwikkeling sal ’n sterk aanbe. gevolg wees.
  • Ervaring in regerings-, of soortgelyke projekte sal ’n voordeel wees.
  • Bewese vaardigheid in projekbestuur.
  • Minimum van 10 jaar leierskapservaring.
  • Grondige begrip van organisasiebedrywighede, finansiële bestuur en strategiese beplanning.
  • Bewese vermoë om kruisfunksionele spanne te lei en komplekse projekte te bestuur.
  • Demonstreerbare sukses in belanghebbende betrokkenheid (‘stakeholder engagement’) en strategiese uitvoering.
OM AANSOEK TE DOEN:
  • Klik op die "Apply" knoppie of
  • Doen aanlyn aansoek by www.casupport.co.za/vacancies
Get your free, confidential resume review.
or drag and drop a PDF, DOC, DOCX, ODT, or PAGES file up to 5MB.